AFRIKAANS: SAL nie groot rede tot kommer, sê ACSA

A section for the latest news in aviation.
User avatar
avi-addict
Taxying Poster
Posts: 606
Joined: Tue Feb 07, 2012 12:00 am
Location: PolokwaStat

AFRIKAANS: SAL nie groot rede tot kommer, sê ACSA

#1

Postby avi-addict » Tue Sep 19, 2017 9:35 pm

SAL NIE GROOT REDE TOT KOMMER, sê ACSA.....

VLUGVOETIGE ANDER LUGDIENSTE SAL GOU DIE LEEMTE VUL,

Elvira Wood - Volksblad Sake, Dinsdag 19 September 2017.

Die SAL se planne om sy vlugte teen Desember met 23% te verminder, gee die bestuur van ACSA nie slapelose nagte nie.
Ander lugdienste is baie meer vlugvoetig en aanpasbaarder as die SAL en Bongani Maseko, uitvoerende hoof van ACSA, glo dit gaan nie lank wees voordat hulle daardie roetes oorneem nie.
"Ons glo lugdienste soos FlySafair, Kulula.com, Comair en selfs Mango sal baie vinnig reageer sou daar 'n behoefte wees om wel dienste op roetes te lewer waaraan SAL onttrek het. Dit gaan hulle definitief 'n rukkie neem om die logistiek uit te pluis, maar op mediumtermyn glo ons sal weer 'n inkomste uit die roetes genereer. So, ja, ons gaan dit waarskynlik op kort termyn aan ons sak voel, maar ons behoort taamlik vinnig daarvan te herstel," voorspel hy.

ACSA het gister sy resultate vir die jaar tot einde Maart, in Rosebank, Johannesburg, bekemd gemaak. "Ongeag die uitdagende ekonomiese omstandighede waarin ons ons bevind, is diè waarskynlik die beste resultste wat ACSA nòg bekend gemaak het," sê Maseko.

ACSA se inkomste het met 3,6% tot R8,6 miljatd gegroei en sy wins met 5,2%tot R2 miljard.
Dit is die eerste keer dat die maatskappy 'n wins van minstens R2 miljard maak.

"Ons is baie tevrede met ons prestasie van die afgelope jaar. Ek twyfel egter sterk dat ons in die volgende jaar weer sulke goeie resultate gaan behaal, aangesien ons tariewe met 35% verlaag gaan word.
ACSA het egter lank gelede besef dat hy sy risiko moet versprei en soveel moontlik van sy inkomste uit nie-lugvaartbedrywighede moet verdien," sê Maseko.

Tans maak hy R3,1 miljard, oftewel 37% van sy totale inkomste van R8,5 miljard, uit diè bedrywighede. Dit sluit die verhuring van kleinhandelspasies en eiendom, huurmotors, parkering, advertensies en hotelle in.

"Ons het veral met ons bedrywighede in Ghana geleer dat ons waardevolle kennis het wat ons met ander lughawens op die kontinent kan deel. Lughawens in die res van Afrika is egter onder staatsbeheer, so ons neem eerder die rol van konsultant aan teenoor diè van bestuurder," sê Maseko.

Hoewel ACSA verliese gely het nadat hy die bestuur van die Guarulhos lughawe in São Paulo, Brasiliē oorgeneem het, sê hy dit kan verduidelik word.
"Die ekonomie is in resessie en ons moet besef die bestuur van 'n lughawe soos Gaurulhos sal altyd 'n langtermynprojek bly. Net soos die geval met die Mumbai Internasionale Lughawe is waar ACSA ook betrokke is by die bestuur, verwag ons teen volgende jaar positiewe syfers van daardie bedrywighede."

ACSA het groot planne om in die volgende paar jaar die infrastruktuur by van sy grootste lughawens te verbeter.
Bongani Maseko, uitvoerende hoof, sê veral by die Kaapstad en die King Shaka Interasionale Lughawe in Durban waar onderskeidelik meer as tien miljoen en vyf miljoen passasiers in die vorige boekjaar deurbeweeg het, maak verbeteringe sin.
In Kaapstad beplan ACSA 'n nuwe aanloopbaan van R3,5 miljard en hy wil die aankomssaal daar teen R600 miljoen opknap.
"Ons oorweeg dit ook om die internasionale saal uit te brei, maar ons ondersoek nou eers al die moontlikhede," sê hy.
ACSA sal graag diè projekte uit kontant wat hy self genereer, wil finansier, maar Maseko sê hulle kan moontlik oor twee jaar weer die markte vir finansiering nader.
ACSA gebruik hoofsaaklik effekte wanneer hy finansiering nodig het.

Return to “In The News”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests