AFRIKAANS: Jong loodse in sop nadat hul vliegtuig 'steel'

The place to discuss Flight Safety, SMS structures, ERP etc.
Post Reply
User avatar
avi-addict
Taxying Poster
Posts: 617
Joined: Tue Feb 07, 2012 12:00 am
Location: PolokwaStat

AFRIKAANS: Jong loodse in sop nadat hul vliegtuig 'steel'

#1

Post by avi-addict » Tue Nov 22, 2016 12:06 am

Erika Gibson - Rapport 20 November 2016

Twee jong vlieëniers by 'n vliegskool in Germiston het hul toekoms in lugvaart verongeluk nadat hulle 'n vliegtuig 'gesteel' her, 'n vriend opgelaai het en vir die dag na Limpopo gevlieg het.

'n Ander aspirantvlieënier van die African College of Aviation by die Grand Central lughawe in Midrand het na bewering die sleutels en logboeke van die opleidingsvliegtuie gesteel. Sy was glo gegrief omdat sy nie meer kon vlieg nie.

Die drie is die afgelope week geskors. Hulle beweer die fout lê by die vliegskool en hul opleiding is nie na wense nie.

Al die studente het studeer met beurse wat deur Teta, die opleidingsowerheid vir die vervoersektor, aan voorheen benadeelde studente beskikbaar gestel is.
Dit kos die belastingbetaler sowat R800 000 vir elk van die 20 studente op die skema.

Volgens Ian Melamed , bestuurder van die vliegskool, is die studente verlede week in 'n tugverhoor skuldig bevind. Twee van hulle het reeds hul private vlieënierslisensies verwerf.

Weens die erns van hul beweerde misdryf word 'n verslag teen hul name nou by die Burgerlugvaartowerheid ingedien wat sodoende hul kanse om ooit weer te kan vlieg baie skraal maak.

Twee van die vrouestudente het volgens Melamed vroeër die vliegtuig gesteel toe hulle veronderstel was om om net vir 2uur in die algemene vlieggebied te vlieg. Hulle het van Grand Central opgestyg en 'n vriend by die Randse Lughawe gaan oplaai.

Hulle het met hul brandstofberekenings nie die vriend se gewig in berekening gebring voordat hulle Polokwane toe gevlieg het nie.

By Polokwane het hulle 'n harde neuslanding gemaak wat die neuswiel beskadig het.

"Hulle kon hulself en die passasier verongeluk het want hulle het met die stukkende wiel en al weer 13uur later n die donker teruggevlieg Grand Central toe." sê Melamed.

Die derde student het swak gevorder en het toe die dokumente en sleutels uit die vliegtuie gaan verwyder "sodat niemand anders ook kon vlieg nie. As iemand so optree weet niemand wat sy volgende gaan saboteer nie. Al drie is skuldig bevind en hul kontrakte met die vliegskool is opgeskort. Die drie se optrede is strydig met alle basiese voorskrifte van vliegveiligheid."

Die studente het hul eie weergawe van die storie. Hulle sê die vliegskool het 'n paar maande terug 'n nuwe bestuur gekry en dat dinge by die vliegskool nie pluis is nie.

"Ons moet sukkel met studiemateriaal en het soms weke lank nie gevlieg nie. As ons gekla het, is ons gedreig dat ons moet stilbly."

Die drie studente kla die tugverhoor was eensydig en hulle kon nie hul eie bewyse indien nie. Die dag van hul vlug Polokwane toe, het hulle deurgaans met hul instrukteur kontak gehad.

Terwyl hulle beskuldig word dat hulle die vliegtuig beskadig het, het dit die volgende dag weer gevlieg.

Sabelo Mbuku, Teta se woordvoerder het alle navrae na die skool verwys.



User avatar
Raffles
Site Admin
Posts: 3672
Joined: Tue Feb 07, 2012 12:00 am
Location: Die K@K Plaas
Burkina Faso

Re: AFRIKAANS: Jong loodse in sop nadat hul vliegtuig 'steel.'

#2

Post by Raffles » Tue Nov 22, 2016 12:28 am

As dit waar is, moet hulle in die tronk gaan sit.



User avatar
Bell 407
Site Admin
Posts: 5649
Joined: Tue Jul 31, 2012 10:35 am
Location: Johannesburg
South Africa

Re: AFRIKAANS: Jong loodse in sop nadat hul vliegtuig 'steel'

#3

Post by Bell 407 » Tue Nov 22, 2016 7:23 am

:hammer:



User avatar
87Juliet
1000 feet Poster
Posts: 1240
Joined: Tue Feb 07, 2012 12:00 am
Location: V&A Waterfront
Contact:
South Africa

Re: AFRIKAANS: Jong loodse in sop nadat hul vliegtuig 'steel'

#4

Post by 87Juliet » Wed Nov 23, 2016 8:10 am

Theft is theft. Criminal offence and carries jail time... throw the keys in the atlantic please.



User avatar
Moertoe Pilut
2000 feet Poster
Posts: 2950
Joined: Mon Feb 06, 2012 12:00 am
Location: In a cockpit....
Contact:
United Arab Emirates

Re: AFRIKAANS: Jong loodse in sop nadat hul vliegtuig 'steel'

#5

Post by Moertoe Pilut » Thu Nov 24, 2016 7:32 pm

Ag shame, poor students! #africancollgeofaviationmustfall! Let's burn the airplanes!!



Post Reply