Afrikaans: Luitenant Tamara

A place for our South African Air Force, SAPS Airwing, SAW, SADF and SANDF members.
User avatar
avi-addict
Taxying Poster
Posts: 608
Joined: Tue Feb 07, 2012 12:00 am
Location: PolokwaStat

Afrikaans: Luitenant Tamara

#1

Postby avi-addict » Fri Jul 22, 2016 8:42 pm

Kimberley.
Ene lt. Tamara, 'n jong edelvalk, en haar eienaar, kapt. Kobus Kok, gaan in die volgende dae voëls wat 'n gevaar vir vegvliegtuie inhou, hier van die aanloopbaan verjaag.
Die gedugte span het die afgelope naweek reeds 'n paar duiwe by die Kimberley lughawe die hasepad laat kies.
Die lugmag gaan ook nog die volgende vier dae gereeld met Grippen vegvliegtuie, Oryx en Agusta helikopters by die lughawe opstyg en land as deel van operasie Ndlovu.
Die operasie word gehou om die weermag se operasionele gereedheid te toets.
Die weermag het ingestem om die gebruik van 'n valk ten tyde van die weermagoefening te toets.
Kok is die omgewingsbeampte by die Swartkops lugmagbasis in Gauteng.
Hy het 'n jaar gelede in sy vrye tyd 'n valkenier geword.
Hy sê voëls wat deur enjins van vegvliegtuie ingesuig word, hou 'n wesenlike gevaar vir vlieëniers en mense op die grond in sou die vliegtuie neerstort.
"My plig as omgewingsbeampte is om voëls en ander diere van die aanloopbaan weg te hou.  Ek sal byvoorbeeld voëls met skietgeluide of honde verjaag.  Die gebruik van 'n valk is nog 'n metode.  Ek het 'n jaar gelede besluit ek wil 'n valkenier word en het my by 'n klub aangesluit.  Dit was 'n ingewikkelde proses om een te word.  Ek moes opleiding deurgaan, eksamen skryf en 'n permit bekom"
Die eksamen behels die toets van kennis oor wetgewing en permitte, die gebruik van toerusting, die kennis van valksoorte ens.
"Dit is veral belangrik dat die toerusting soos die leibande en enkelbandjies nie die valk seermaak of  skaaf nie."
Luitenant Tamara is 'n jong valk wat in die lente sal verveer en dan haar volwasse kleure sal kry.  Haar bors wat nou gespikkel is, sal dan wit word.  Sy word in die middel van die dag losgelaat wanneer sy op warm lugstrome kan hang.  Sy moet so hoog moontlik vlieg sodat voêls haar kan sien en die hasepad kies.
Kok sê wilde edelvalke is gedugte jagters wat rooikopfisante en selfs geelbekeende kan vang.
Luitenant Tamara word met kos beloon as sy hoog genoeg vlieg.
Voëls soos kalaharipatryse, korhane en kiewiete wat nie vlug nie nie, word met honde verjaag.
Kok en lt. Tamara is deur Melissa Groenewald, omgewingsbeamte by die Kimberley lughawe, en Beryl Wilson, dierkundige by die McGregor museum bygestaan.
Wilson is die eienaar van Rosco, 'n beagle-hond wat ook gehelp het om voêls van die aanloopbaan te verjaag.

Return to “SAAF / SAPS Airwing / SAW / SADF / SANDF”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest